GROND tot MOND Herfs 2022 Uitgawe 12 | Page 84

LOXTONIA | MÉTHODE TRADITIONELLE
tot die pakstoor vir die uitvoermark en die sider-aanleg . Hier geld die “ boord-tot-bottel beginsel ” wat hulle as “ Orchard to Bottle ” bemark , en minimale inmenging is die wagwoord .
Larry vertel : “ Daar is iets baie spesiaal daaromtrent om met voëlgesang wakker te word ; saans die helder sterre in die hemel te aanskou ; skoon bergwater te kan drink en suiwer plaaslug in te asem .”
Die hele produksieproses is op sonkrag aangewese en Larry spot en sê dis nie asof daar ʼn tekort aan sonlig-ure in die warm , vrugbare Ceresvallei is nie !
HIERDIE FOTO : Die bottels waarin die Méthode Traditionelle Cider ( MTC ) verpak word , moet die ekstra druk van die gistingsproses kan hanteer en word spesiaal vir vonkelwyn gemaak . REGS BO : Alles op hierdie plaas draai om appels en keurige sortering is aan die orde van die dag . REGS MIDDEL : Loxtonia se junior plaasbestuurder , Andre Steyn , wys ons in die appelboorde rond . REGS ONDER : Die plaas lê aan die walle van die Titusrivier en in die verte hou die Skurweberge wag . HEEL REGS : Vir Méthode Traditionelle Cider word die bottels met die hand gedraai terwyl ’ n natuurlike tweede fermentasie in die bottel plaasvind .
HOE MOET SIDER PROE ?
Larry het tydens sy oorsese reise baie met siders te doen gekry , en die idee het ontstaan om hierdie waardetoevoeging by Loxtonia in werking te stel . Met geen ondervinding in siders asook niemand in die vallei wat dit gedoen het nie , het hy vyf jaar lank maar op die harde manier geleer . “ Proe en weer begin ” was sy leuse . Mettertyd het hy ’ n goeie idee gehad van hoe sy eie sider moet proe , maar dit het hom steeds vyf jaar geneem om sy eerste sider , Crispy Apple , vry te stel .
Al die siders bevat 5 % alkohol , behalwe Blush , ’ n Rosé-styl sider met 4,5 % alkohol waarin skeutjies granaatgeure op die tong deurslaan .
Vyf verskillende appel-variëteite word in die siders gebruik – almal met suiwer appelsap as basis sonder enige bygevoegde kleursel , geursel of versoeters . Deur middel van spoel-fermentasie bly die sider vir 12 maande vars in die bottel . “ Ons leuse , ‘ Orchard to bottle ’, is vir ons baie belangrik , want die appels kom direk uit die boorde , deur die pakstoor , en daarna word hulle vir hul sap gepars . Die fermentasieproses duur ongeveer twee weke , voor die sider gemaak en dan gebottel
word ,” vertel Larry .
Met geen ondervinding in siders asook niemand in die vallei wat dit gedoen het nie , het hy vyf jaar lank maar op die harde manier geleer . “ Proe en weer begin ” was sy leuse .
SIDER SE ALKOHOL VERWYDER
Die afgelope twee jaar het die siders se gewildheid al hoe meer begin toeneem , maar toe kom inperking en die alkoholverbod en Larry moet weer terug na die tekentafel . Hy besluit om ’ n niealkoholiese sider te maak . Die Crispy Apple word na Wellington vervoer , waar die alkohol deur omgekeerde osmose verwyder word . Sowat 0,019 % bly agter , maar in Suid-Afrika word alles onder 0,4 % as nie-alkoholies bemark en dit kan dus soos koeldrank by supermarkte gekoop word .
Natuurlik is enigiemand wat van uitdagings hou , nog lank nie klaar met eksperimente nie . Larry se dogter , Ali , het planne gemaak om in 2020 te trou . Larry begin toe stilletjies eksperimenteer met ’ n appel-
84 GROND TOT MOND HERFS 2022