MÉTHODE TRADITIONELLE | LOXTONIA
SUID-AFRIKA SPOG MET SY EIE Méthode Traditionelle Cider
Woorde : Maryke Roberts | Fotografie : Mia Truter
Loxtonia Cider buite Ceres se proelokaal wat omring is met dik , tapytagtige donkergroen grasperke en ‘ n rotstuin met blik standbeelde van diere , wink uitlokkend as jy in die parkeerarea stilhou . Neffens die groot gebou staan Oreo , Oros en Oatley , drie alpakkas , nuuskierig nader en daar ’ s ’ n hele paar perdjies in ’ n kampie .
APPELBOOMPIES ORAL
Binne-in die proelokaal is alles vars met klein details wat jou laat besef hier is ’ n passie vir appels en natuurlike sider . Selfs die swart lasergesnyde toonbank-ruste is klein appelboompies en teen die mure pryk al die pryse wat Loxtonia Cider die afgelope drie jaar ingepalm het .
Loxtonia is sedert 1990 in die Whitfield-familie se besit . Larry Whitfield is die stigter en sider-meester en sy dogter , Ali , is die bemarkingshoof . Daar is gesinne op die plaas wat reeds drie geslagte lank daar werk – sowat 250 mense uit 25 families .
Volhoubare boerderypraktyke lê die Whitfields baie na aan die hart , van die boorde waaruit hul uitvoervrugte – appels , pere en pruime – afkomstig is ,
EIENAAR : Larry Whitfield NAAM : Loxtonia AREA : Ceresvallei PRODUK : Appelsider OPSOMMING : As dit pap reën , moet jy skep . En as jy appels het , maak jy alkohol , reg ? Larry se aanhouerwen benadering stel hom in staat om Suid- Afrika se bekroonde siders te maak .
HERFS 2022 GROND TOT MOND 83