MÉTHODE TRADITIONELLE ?? | LITTLE | LOXTONIA OAKS
Albei is by die proelokaal en aanlyn by www . loxtonia . co . za te koop .
By die proelokaal is daar ses sider proe-ervarings waaruit besoekers kan kies : Ceres in a bottle , Tree of life ( drie siders ), Farmers Harvest , Picker ’ s Choice , Easy Apple ( 4 siders ) en Tractor & Trailer ( al sewe geure ). Pryse wissel van R60 tot R100 en besprekings vir proeë kan by info @ loxtonia . co . za of 023 004 0930 gemaak word .
Die proelokaal is Maandag tot Sondag van 10:00 vm tot 16:00 nm oop . Klein kaasborde met Richard Bosman se koue vleis en siders kan gekoop word en die hele gesin kan op die grasperke teen die Titusrivier ontspan terwyl die Skurweberge in die agtergrond waghou .