DADELS | SOUTHERN FARMS
Suncrest is die handelsmerk waaronder Southern Farms se twee dadelkultivars, Medjool en Zamli, bemark word.
Chris het deur die jare die geleentheid gesien om uit te brei en het grond stroomaf in die Blouputs-omgewing bekom – eers saam met vriende en later op hul eie. Southern Farms is gevestig as’ n tafeldruif-onderneming met ongeveer 350 ha tafeldruiwe as’ n enkele groot eenheid. Die doelwit was om dit tot 600 ha uit te brei en alternatiewe kommoditeite in te sluit.
Hierdie strategie was daarop gemik om infrastruktuur soos pak- en koelstore, behuising vir arbeiders, damme en paaie optimaal te benut. In die tafeldruifbedryf word pakhuise net 6 – 8 weke per jaar gebruik, en die uitdaging was om hierdie hulpbronne meer ekonomies in te span.
FEB 2026 GROND TOT MOND 99