SOUTHERN FARMS | DADELS
Die dadelbome word in netjiese rye, taamlik ver uitmekaar, geplant om toegang te bied vir groot masjinerie wat vir die behandeling van die bome gebruik word.
Plantmateriaal, kapitaal en lang wagtyd
“ Teen 2010 het ons belanggestel in dadels en navorsing begin doen oor geskikte plantmateriaal. Ons het weefselkultuur uit die Midde-Ooste ingevoer –’ n komplekse proses met streng fitosanitêre vereistes en lang kwarantyntydperke. Ons het met die departement van landbou saamgewerk om die bome in te voer. Die plantmateriaal is duur omdat daar net twee maniere is om dadelbome eg aan’ n kultivar te hou. Tradisioneel word dit gedoen deur suiers te gebruik- jong lote wat uit die oksels van die blare groei. Hierdie metode is oor honderde jare gebruik. Meer onlangs het weefselkultuur egter suksesvol geword om dadels te vermeerder. Ons het tans ongeveer 250 ha dadels in die grond, in verskeie
100 GROND TOT MOND FEB 2026