DADELS | SOUTHERN FARMS
fases van ontwikkeling,” verduidelik hy oor die stand van sake op Southern Farms.
Morne vertel dat dadels’ n taamlik verdraagsame plant is en dat Suid-Afrikaanse dadels min bedreigings het. Dit is danksy die streng vereistes vir die invoer van plantmateriaal wat’ n skoon omgewing verseker.
“ Dieselfde kan ongelukkig nie van Namibië gesê word nie, waar die fitosanitêre vereistes nie so streng is nie en invoermaatreëls minder streng toegepas word. Op ander plekke waar dadelboorde voorkom, het die stamboorkewer al ongekende skade aangerig. Sodra dit’ n boord tref, is daar weinig wat gedoen kan word,” verduidelik hy.
Southern Farms boer met twee dadelkultivars, Medjool en Zamli, wat baie van mekaar verskil. Medjool is na die Tweede Wêreldoorlog deur die Amerikaners uit Marokko ingevoer en daarvandaan vermeerder. Dit is’ n groot, sappige, sagte vrug met min gevalle waar die skil loskom. Zamli, aan die ander kant, dra kleiner vrugte wat nog sagter is, met uitgesproke karamelgeure, hoewel dit droër is en meer saamgeperste vleis het.
FEB 2026 GROND TOT MOND 0