SOUTHERN FARMS | DADELS
Na’ n stamperige grondpadrit van sowat 80 km vanaf Orange Falls, onthul Southern Farms homself as’ n asemrowende juweel in die barre Kalahari, aangrensend aan Namibië – geskei deur die Oranjerivier.
“ Hier het ons’ n hele gemeenskap gevestig,” vertel Chris Steenkamp, Morne se pa en pionier in die tafeldruifbedryf in die streek.“ Ons het meer as 2 000 mense wat hier woon en werk. Omdat dit so ver van alles af is, voorsien ons alle dienste – van behuising, riolering en elektrisiteit, tot vullisverwydering,’ n skool, nasorgdienste,’ n crèche, winkels,’ n kliniek en sportgeriewe. Saam met ons ander plase bied ons werk aan meer as 3 000 mense regdeur die jaar.”
“ Dadels is’ n ware wenner, en wat ons hier gevestig het, sal vir die volgende twee geslagte bly staan. Die vrug is verganklik, maar onder die regte omstandighede kan dit vir 18 maande gestoor word. Dit is hoog in suiker
en voedingstowwe, baie gesond, en vind toenemend aanklank op markte wêreldwyd,” vertel Chris in sy kantoor op Southern Farms.
Hy was saam met drie vriende een van die eerste tafeldruif-boere in die omgewing, maar het deur die jare gesien hoe meer boere stroomaf in gebiede soos Onseepkans gevestig is.“ Ek het via’ n vriend van dadels gehoor en in Israel die bedryf ondersoek. Ek het groot potensiaal vir
www. facebook. com / gedoretoolssouthafrica
0 GROND TOT MOND FEB 2026
gedore. co. za