DADELS | SOUTHERN FARMS
In die beheerkamer van Southern Farms se kantoorgebou is daar talle groot rekenaarskerms waarop satellietbeelde van die plaas verskyn om presisiebestuur van die boorde te vergemaklik.
ons raakgesien en toe bome aangeskaf en hier geplant. Dit was sowat 12 jaar gelede, en nou is bykans 75 % van ons bome in volle produksie. Maar die eer kom Morne toe, wat die projek saam met sy bestuurders en werkers uitgebrei het tot waar dit vandag is.”
Bestuiwing as presisieproses
Morne verduidelik die lewensiklus van dadels en hoe die seisoen werk. Medjool-dadels word tussen Februarie en Maart geoes. Die interessante deel begin ná die oes,
FEB 2026 GROND TOT MOND 103