Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 104

SOUTHERN FARMS | DADELS

wanneer die blomperiode aanbreek – sommige bome blom reeds teen einde Junie, maar meestal tussen Julie en September.

“ Dan het ons baie werk. Medjool is vroulike bome, terwyl die manlike bome die stuifmeel maak, maar die blomtyd korreleer nie altyd. Ons oes dus ons eie stuifmeel die vorige jaar of koop dit aan, of’ n kombinasie van beide. Die stuifmeel word gebruik om die vroulike bome te bevrug.

Medjoolbome bereik eers na 25 jaar volle volwassenheid.

“ Die proses is redelik ingewikkeld. Met die algemene metode word’ n mengsel van stuifmeel en talk, soos babapoeier, met’ n blaser agter’ n trekker op die bome gespuit. Die stuifmeel word versamel deur sakkies om die individuele blomme te draai, waarna dit deur’ n droogproses gaan – alles word met die hand gedoen,” verduidelik hy.

Na bestuiwing word oesbeheer toegepas om te bepaal hoeveel trosse en stringe elke boom kan dra, gebaseer op hul ontwikkeling en volwassenheid. Medjoolbome bereik eers na 25 jaar volle volwassenheid, maar jong bome kan vanaf hul vyfde jaar al 10 % produksie lewer.

“ Ons het 30 000 van hierdie bome gevestig, meestal uit proefbuis-materiaal in’ n kweekhuis. Dit neem 2 tot 3 jaar om’ n boom tot een meter hoog te kweek. Anders as pekanneute is dit’ n duur proses, wat een van die redes is waarom daar nie meer toetreders tot die bedryf is nie,” verduidelik Morne.

Dadels is baie sensitief vir reën, en veral die Zamlikultivar kry swaar in nat toestande. Medjool is minder sensitief. Tussen die rye bome van tot 2,5 km lank is groot

104 GROND TOT MOND FEB 2026