DADELS | SOUTHERN FARMS
spasies gelaat vir die swaar masjinerie wat gebruik word om die bome te snoei en die vrugte te oes. Sommige bome word tot 25 m hoog, en toestelle met teleskopiese arms word gebruik om die vrugte by te kom. Soms word elke boom tot drie keer deurgepluk voordat al die vrugte afgehaal is. Omdat die dadelboom sy voedingstowwe in die blare stoor, word hulle afgesny as hulle 50 % of meer verbruin het.
Die omstandighede vir dadelbome moet net reg wees. Die boom moet omtrent met sy voete in die water staan en met sy kop in die hel – temperatuur en vogtigheid speel’ n uiters belangrike rol om kwaliteit-dadels te laat vorm. Daar is net’ n paar plekke in die wêreld wat ideaal is hiervoor. In die hoogsomer soek die bome hitte en 40 ° C is nie ongewoon nie, maar tussen 36 ° C en 38 ° C is gemiddelde somertemperature. Humiditeit kan altyd
FEB 2026 GROND TOT MOND 0