SOUTHERN FARMS | DADELS
deur besproeiing aangevul word vir die bome, wat tussen 300 mm en 600 mm per jaar groei en uiteindelik vanaf 15 m stadiger groei tot op ongeveer 24 m.
Die dorings word van die blare afgesny om te kan oes en werk, en elke tros word met die hand gewerk tot die regte aantal stringe, gewoonlik tussen 55 en 60 per boom, en die regte hoeveelheid vrugte aan elke string – 8 tot 12 vrugte aan elke string. Die klein vruggies sal afval, en ons sal vrugte van tussen 24 g en 28 g pluk.
Onder die regte omstandighede kan dadels vir 18 maande gestoor word.
Met die oes word die dadels met die hand gepluk en na die pakstoor geneem, waar dit eers skoongemaak en vooraf gesorteer word. In die voorpakproses is daar’ n klein sorteermasjien waarin die vrugte met voorafbehandelde water skoongespuit word. Dan volg verdere sortering, ook met’ n optiese sorteerder, voordat dit in verskillende verpakkings na gelang van markbehoeftes verpak word. Van die verskillende groottes word 90 % uitgevoer na markte in die VK, Europa, Frankryk, Kanada en in’ n mindere mate na die Midde- en Verre Ooste. Pakgroottes wissel afhangend van die markte – van 125 g tot 5 kg-kartonne. Dit word ook nou in supermarkte plaaslik bemark in houers van 500 g tot 1 kg, dikwels onder hul eie Suncrest-handelsnaam.
Dat dit’ n ingewikkelde proses is, is verseker, maar dit bied ook goeie opbrengste.
106 GROND TOT MOND FEB 2026