DADELS | SOUTHERN FARMS
Data dryf die boord
In die dadelbedryf in die Kalahari is presisieboerdery’ n integrale deel van moderne bestuurspraktyke. By Southern Farms word hierdie tegnologie vanuit’ n operasionele kamer bestuur. Teen die mure is groot rekenaarskerms aangebring waarop data soos Nutrient Index-beelde, grondchemie, sagteweefsel-analises, weerstasie-data, besproeiingsinligting en meer vertoon word. Satellietbeelde van hoë resolusie, wat elke drie dae verkry word, word direk na hul databank gestuur en op hierdie skerms geprojekteer, wat die bestuur van boerderyaktiwiteite verfyn en doeltreffend maak.
Hiermee kan hulle byvoorbeeld die grondgesteldheid meet, die voggehalte van die boorde monitor en selfs sien as daar individuele bome is wat swaarkry. Dan kan hulle daardie enkelinge gaan help voordat dit dalk’ n groter probleem raak en’ n negatiewe invloed op die res van die boord kan veroorsaak. Met die beskikbaarheid van data kan bestuursbesluite geneem word wat op feite gebaseer is.
“ Die realiteit is, dis’ n mensebesigheid en nie net’ n boerdery nie. Sonder mense kan jy alle begeerbare insette hê, maar as hulle dit nie doen nie, gebeur daar niks. Ons droom was nooit om op enorme skaal te boer nie. Die droom is om’ n lewe hieruit te maak, en daar is mos’ n leefstyl daaraan gekoppel. Ek praat nie van rykdom nie, maar om naby aan die natuur te werk met plante. Dis wat jy wil doen, en dan moet jy besluit wat om te doen om dit te bereik.” sluit Chris af.
FEB 2026 GROND TOT MOND 107