SOUTHERN FARMS | DADELS
Die rustige ontvangsvertrek, met’ n groot dam, lowergroen grasperke en pekanneutboorde op die agtergrond, verberg die dringendheid van die tafeldruif- en dadelseisoen wat hierdie tyd van die jaar op sy spits is.
Infrastruktuur maksimeer, risiko diversifiseer
Die agtergrond van hul suksesverhaal is fassinerend. Net na die Laingsburgvloed het Chris Steenkamp en vier vriende hul rosyntjies en tafeldruiwe na Johannesburg begin stuur omdat die pad by Laingsburg weggespoel was. Vandag is hulle hoofsaaklik tafeldruifprodusente, met sowat 60 % van hul inkomste uit tafeldruiwe.
Net’ n sekere getal stringe en dadels word aan elke boom agtergelaat om optimale opbrengs en vruggrootte te verseker.
98 GROND TOT MOND FEB 2026