DADELS | SOUTHERN FARMS
Dit is onnodig om te sê dat groot, oop en verlate kenmerkend van die Kalahari is. Maar in dieselfde asem kan mens ook verwys na groen, vrugbaar en asemrowend. Orange Falls, net buite Augrabies, is een van die Steenkamp-familie se plase. Soos ander plase langs die Oranjerivier, is dit’ n oase in’ n dorre, ongenaakbare woestynstreek. Morne Steenkamp, uitvoerende hoof van Southern Farms, gesels entoesiasties oor hul boerderyaktiwiteite. Gou besef jy dat hul verfynde tegnieke- wat dikwels self ontwikkel is- die sleutel is tot volhoubare produksie in’ n uitdagende bedryf met groot kapitaalbeleggings en langtermynbeplanning.
Morne Steenkamp, besturende direkteur van Southern Farms.
FEB 2026 GROND TOT MOND 97