SOUTHERN FARMS | DADELS
600 hektaar visie langs die Oranjerivier
Southern Farms bou’ n geïntegreerde tafeldruif- en dadelonderneming in die hart van die Kalahari.
Woorde: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter
NAAM: Southern Farms AREA: Augrabies OPSOMMING: Southern Farms is’ n groot-skaalse tafeldruif en dadelonderneming wat op langtermynbeplanning, hoë kapitaalbeleggings en presisie bestuur fokus. Met ongeveer 350 ha tafeldruiwe en sowat 250 ha dadels benut die onderneming infrastruktuur en data om produksie en kwaliteit te optimaliseer.
Bo: Dadels so ver as wat jy kan sien in die dorre Kalahari – hier is ongeveer 30 000 dadelbome op Southern Farms.
96 GROND TOT MOND FEB 2026