Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 95

ADVERTENSIE-ARTIKEL

voedingspraktyk? Let byvoorbeeld op na die hoë kaliumverwydering versus stikstof. Verder, is die vraag of elementverwyderingsbehoefte met slegs een of twee bemestingstoedienings per seisoen onderhou kan word? Dit is belangrik om te besef dat die aanvraag na hierdie voeding nie konstant gedurende die seisoen plaasvind nie, maar dat daar definitiewe aanvraag-pieke bestaan, op verskillende tye. So byvoorbeeld, wys literatuur uit dat kalium die vinnigste vervoer word na neute gedurende die laaste 30-dae voordat dit ryp word. Afhangende waar in Suid-Afrika, is dit ongeveer gedurende Maart-maand. Dink bietjie die impak hiervan op neutkwaliteit( kern), indien kalium in‘ n tekort is? Insoverre dit watervoorsiening betref, is dit bekend dat neutgrootte hoofsaaklik deur voldoende watervoorsiening met goeie en tydige skedulering, bepaal word. Dit is dus belangrik, eerstens dat produsente voldoende en effektiewe waterbestuur toepas, en tweedens met die genoemde hoë invloei van kalium 30-dae voor volwassewording, dat water nie te vinnig weggevat word nie. Saamgestel deur Chris Schmidt( dr), Senior Landbou- kundige by Kynoch-kunsmis.

FEB 2026 GROND TOT MOND 0