ADVERTENSIE-ARTIKEL
Pekan,’ n hidrofiele gewas, en die rol van water en voeding
Pekan is’ n hidrofiele gewas, wat baie uniek is. Gedurende elke seisoen in die lewe van die Pekan, speel daar’ n wonder voor ons oë, af. Dit is’ n gedeelde wonder van sigbaar en onsigbaar, alhoewel ons dit nie altyd besef nie. Al ooit gewonder oor die hoeveelheid- en volume-verhouding tussen manlike en vroulike blomme op die boom? Hoekom is manlike blomme altyd so baie in vergelyking met die hoeveelheid vroulike blomme? Daar is soveel meer stuifmeel beskikbaar vanaf die manlike blomme teenoor die vroulike blomme; moet dit so wees? Al ooit gewonder oor die belangrikheid van water en die impak daarvan op opbrengs, asook dié van kunsmis-voeding en die seisoenale verspreiding daarvan?
Literatuur dui aan dat manlike blomme( die sigbare) gevorm en bepaal word vanuit groei van die vorige 2-jaar, en vorm op die basis van nuwe lote al langs die lengte van ondersteunende 1-jaar-oue hout( vanuit onsigbare energie-opgaring). Vroulike blomme( sigbare) daarenteen, se oorsprong word 8-maande voor verskyning bepaal( die onsigbare energie-opgaring), en verskyn op nuwe
92 GROND TOT MOND FEB 2026