Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 93

ADVERTENSIE-ARTIKEL

lote in klosse van 3-tot-10. Onthou dat vorige jare se dormansie-periode en die manier hoe die boord bestuur word, ook oorloop na die volgende seisoen! Om hierdie rede word‘ n pekanseisoen saamgevat in ten minste 4-groeifases, waarvan winterbemesting die vierde deel van die jaarlikse bemestingsprogram uitmaak. Die slotsom is dus dat winter-bemesting( na-oes-bemesting) KRITIES belangrik is, want dit onderhou tot‘ n groot mate die onsigbare deel. Die storie eindig nie hier nie, want die hoeveelheid vroulike blomme beskikbaar, is die potensiaal van die oes wat vroeg op die boom sigbaar is. Hiervan gaan‘ n klompie blommetjies afspeen as ge-volg van kruisbestuiwingseffektiwiteit, selfbestuiwing, omgewingstoestande, waterbeskikbaarheid, en voeding.

“ Winterbemesting is krities belangrik, want dit onderhou die onsigbare energie-opgaring wat blomvorming bepaal en uiteindelik die potensiaal van die oes vaslê.”

FEB 2026 GROND TOT MOND 93