Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | 页面 90

ADVERTENSIE-ARTIKEL

Laat elke druppel tel met Vicar spuite

Koop jy’ n nuwe Pekanneut-spuit? Soek nie verder nie en bespaar op produksiekoste.

Oor die afgelope drie seisoene het Ikapa Trading in Grabouw – mede-besit deur Neels Thiart en ondersteun deur die ervare bedryfskenner Mike Heath – meer as 80 goed georganiseerde demonstrasies en verkope van Vicar Radiale Turbine Lugblaas-spuite suksesvol uitgevoer.

Hierdie veelsydige spuite het hul waarde bewys op’ n wye reeks gewasse, insluitend pekanneute, makadamias, avokado’ s, olywe en sitrusbome – alles met een enkele masjien.

As die enigste invoerder en direkte verspreider van die Vicar-konsep het ons nou saam met die Duitse vervaardiger gewerk om drie optimale modelle vir Suid-Afrikaanse toestande te selekteer.

Die resultaat is’ n reeks wat uitstaande werkverrigting, uitsonderlike dekking en betroubare gewasbeskerming lewer.

90 GROND TOT MOND FEB 2026