Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 88

PEKANNEUTE

“ Ons is ook ver van die huidige kernmarkte, en dit is op hierdie stadium goedkoper en meer effektief om in China te laat kraak,” verduidelik Gerrie. Hy glo egter dat nuwe markte in die Verre Ooste, die VAE en Indië ondersoek en ontwikkel moet word.

Hy meen die gehalte van Suid-Afrikaanse pekanneute is baie goed en in aanvraag. Daar is’ n geleentheid om die plaaslike mark verder te ontwikkel, maar dit sal nie die totale produksie van oor die 50 000 t kan hanteer nie. Alternatiewe moet dus vir die Chinese mark geskep word, terwyl dié mark ook verder ontwikkel moet word om die neut-in-die-dop- en kernmark uit te brei. Gelukkig is China se pekanproduksie nog nie op dieselfde standaard as Suid-Afrika s’ n nie.

Oor die toekoms van die bedryf is hy positief.“ China soek steeds ons neute en ons is in’ n goeie posisie vir die afsienbare toekoms. Ons moet net die mark oppas en die gehalte behou. Maar as produsente en bemarkers

0 GROND TOT MOND FEB 2026