PEKANNEUTE
fabrieke opgerig. Sedertdien voer ons pekanneute hoofsaaklik na China uit – omtrent 95 % van ons opbrengs. Dit word in die dop uit-gevoer en verder verwerk en versprei. Daar is’ n groot aanvraag vir Suid-Afrikaanse pekanneute in China, hoofsaaklik danksy ons goeie gehalte produkte, maar ook omdat ons die pekans in die regte vensterperiode aan hulle kan verskaf,” vertel Gerrie.
China bly die anker
“ In die verlede het die VSA amper 30 000 t na China uitgevoer en daardie gaping, saam met uitvoer uit Meksiko, gevul, maar hulle het plaaslike verbruik uitgebrei en kan nou nie meer betyds genoeg neute lewer nie. Ons neut-in-die-dop-mark is nou goed in China gevestig, en die uitdaging vir ons is om dit te behou en uit te brei. Die kraak van die neute is tans nog’ n uitdaging. Dit word wel in Suid-Afrika gekraak, maar daar is heelwat werk wat nog gedoen moet word om dit kompeterend vanuit Suid- Afrika te kan bemark.
FEB 2026 GROND TOT MOND 0