PEKANNEUTE
Jong pekanneute vorm in trossies aan die takke.
“ Die bome bot middel September en dan begin die eerste fase van groei. Die manlike blommetjies ontwikkel dan tesame met die groei van nuwe lote, waarop die vroulike blomme teen middel Oktober vorm.
“ Dan, oor die volgende min of meer drie weke tot middel November, vind bestuiwing en vrugset plaas – natuurlik met variasie tussen kultivars. Dan het jy klein vruggies van sowat 5 – 8 mm, en hulle ontwikkel teen die einde van Desember tot vrugte wat in die eerste nasetgroeifase tussen 15 mm en 20 mm wissel. Groot groei vind daarna plaas tussen Januarie en Februarie, met neutvergroting en die vulfase totdat volle grootte bereik is en kernvorming plaasvind.
“ Teen die middel van Maart begin die shuck split – die omhulsel breek oop sodra die neute fisiologies ryp is – waarna die neute natuurlik tot einde Mei in die boorde afdroog. Aan die einde van Mei en vroeg in Junie raak
FEB 2026 GROND TOT MOND 83