Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 82

PEKANNEUTE

WIMPIE DU TOIT | PEKANNEUTBOER

Hardus se pa, Wimpie, wat hul kommersiële plaas bedryf, verduidelik hoe die seisoene in die pekanneutbedryf werk. Hy was voorheen’ n navorsingstegnikus by die Kleingraan-instituut van die LNR en vertel dat 97 % van hul boerdery uit pekans bestaan, met die res wat lappies lusern en’ n paar beeste huisves.

“ Ons het nie hier plaasname nie, net perseelnommers. Die 2E2 Hartswater is baie onpersoonlik – hier is jy net’ n nommer,” spot Wimpie.

Hardus du Toit, tegniese bestuurder van SAPPA, en sy pa Wimpie( links), in een van hul pekanneutboorde op hul plaas by Hartswater.

82 GROND TOT MOND FEB 2026