PEKANNEUTE
’ n verslag wat aan die nasionale regering voorgelê word oor die invloed van die verskillende bestuursopsies vir landbouwater uit die Oranjerivier,” vertel Hardus.
Hardus verduidelik verder dat SAPPA, buiten navorsing oor waterverbruik en boordbestuurspraktyke, ook kyk na die invloed van insekte en siektes op pekanneutboorde, en klem lê op oesverbetering deur na bestuiwing en vrugset te kyk. Goeie vrugset is waar die potensiaal van die seisoen bepaal word.
Dit kos byna R100 000 om een hektaar pekanneutbome te vestig, en oeste begin eers ná die vyfde jaar. Volle produksie kom eers ná ongeveer 12 jaar behoorlik aan die gang. In Vaalharts is daar ongeveer 16 500 ha pekans, wat’ n bietjie meer as 50 % van al die besproeibare grond in die gebied is – en daar word jaarliks nog bygeplant.
“ In die toekoms sal ons meer klimaatslim moet wees en ons beter teen risiko’ s moet verskans. Boordvloerbestuur en besproeiing sal by die nuwe klimaatsomstandighede aangepas moet word,” vertel Hardus.
FEB 2026 GROND TOT MOND 81