PEKANNEUTE
by Jacobsdal, Cullinan en Groblershoop. Die verbruik wissel seisoenaal en van jaar tot jaar, terwyl die maksimum verbruik ook van dag tot dag kan wissel, na gelang van omgewingsomstandighede. Met SAPPA se stigting in 1991 het die LNR in Nelspruit steeds pekanneutnavorsing behartig. In 1997 is die meeste pekannavorsing by die LNR ongelukkig gestaak.
“ Met aanplantings in die weste van Suid-Afrika wat sterk groei getoon het, het dit nodig geraak om weer produksie-navorsing op die been te bring, en produsente het in 2011 besluit om aansoek te doen vir’ n statutêre heffing sodat navorsing en ander belangrike bedryfsaksies befonds kan word,” verduidelik hy.
In Vaalharts is daar sowat 16 500 ha pekans, en daar word steeds jaarliks bygeplant.
SAPPA se studies oor waterverbruik was lank’ n fokuspunt, nie omdat daar’ n tekort aan water was nie, maar omdat goeie water- en sonligbestuur 85 % van die bestuurspraktyke uitmaak en die sukses by pekans bepaal. In vroeër jare het die meeste produsente in Vaalharts van vloedbesproeiing uit die kanale gebruik gemaak, maar nou gebruik min of meer’ n derde reeds druppers, nog’ n derde mikrospuite wat tussen 50 % en 60 % van die boordvloer benat, en die ander derde gebruik spuite wat die volle oppervlak dek. Vloedbesproeiing word ook steeds benut, maar slegs op’ n baie klein gedeelte van pekanboorde.
“’ n Belangrike ontwikkeling tans wat’ n groot invloed op die waterbestuur vir die pekanneutbedryf kan inhou, is die herklassifikasie van die Oranjerivier. SAPPA, tesame met ander belangegroepe, lewer insette wat ingesluit word in
80 GROND TOT MOND FEB 2026