PEKANNEUTE
Water is nie skaars nie, maar bestuur is alles
Hardus verduidelik dat besproeiing een van die belangrikste faktore is in die verbouing van pekanneute, alhoewel daar talle ander faktore is wat ook’ n rol speel in suksesvolle produksie, soos insekbeheer, boordvloerbestuur en sonligbestuur.
“’ n Mens kan ook te veel water gee, maar met SAPPA se navorsing oor waterverbruik en wat die werklike verbruik van bome is, kan doeltreffende bestuurstelsels ingespan word. Elke boom gebruik in piektyd sowat 600 L water per boom per dag in die Vaalharts-omgewing – dit is natuurlik evapotranspirasie, met die boom se watergebruik en verdamping ingesluit. Ons doen al langer as 10 jaar navorsing oor doeltreffende waterbestuur in pekanneutboorde in verskillende produksiegebiede, soos
Nadat die blomproses teen die einde van November klaar is, begin die set van die neute.
FEB 2026 GROND TOT MOND 79