Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 78

PEKANNEUTE

’ n John Deere-spuit werk tussen ryk-vlerk pekanneutbome van sowat 10 – 15 m hoog, waar boomafstand, spuitboomhoogte en presisie-toediening geoptimaliseer word vir doeltreffende gewasbeskerming.

Suid-Afrika se bydrae tot die globale pekanneutbedryf is eintlik maar klein en het in 2022 sowat 10 % van die totaal beloop. Dit het betekenisvol gegroei tot 12 % in 2024 en’ n geskatte 16 % verlede jaar –’ n duidelike teken van die bedryf se groei. Binnelands het die pekanneutbedryf oor die afgelope 10 jaar meer as vervierdubbel. Produksie het gestyg van 10 968 t neut in dop in 2016 tot 50 250 t verlede jaar.

“ In hierdie produksie speel die Vaalhartsstreek’ n beduidende rol. Verlede jaar het die streek hom gevestig as Suid-Afrika se grootste pekanneutproduserende streek, met’ n oes van 25 700 t – meer as die helfte van Suid- Afrika se totale pekan-produksie. Oor die voorafgaande vyf jaar het die streek se neutlewering tussen 51 % en 55 % van die totale oes uitgemaak,” sê Hardus.

78 GROND TOT MOND FEB 2026