PEKANNEUTE
Links: Dekgewasse tussen die rye help met waterbesparing en om grondgesondheid te handhaaf. Regs: Rye pekanneutbome – sommige produsente verkies om geen gewasse tussen die rye te plant nie, terwyl ander wel dekgewasse saai.
ryp, die droogtes van die 1980’ s en 1990’ s en die verskuiwing van reënvalpatrone het die sagtevrugtebedryf en wingerdprodusente hard geslaan en daartoe bygedra dat baie van daardie produsente na pekanneute oorgeslaan het.
“ Wichita is by verre die mees algemene kultivar en lewer omtrent 65 % van die totale produksie. Kort op sy hakke is Choctaw met ongeveer 13 %, en Navaho en Western Schley wat onderskeidelik 4 % en 3 % bydra. Ukulinga verteenwoordig 3 % van die opbrengs, met Pawnee en Barton elk op 1 %. Die res bestaan uit’ n mengsel van ander kultivars.
“ Die ware omvang van die bedryf kan gesien word in die getal boomaanplantings oor die jare. In 2016 is 490 000 bome aangeplant; dit het gegroei tot 580 000 in 2017. Daarna was daar’ n effense daling in aanplantings, maar sedert 2024 is daar weer 290 000 geplant en in 2025, 220 500 bome,” verduidelik Hardus.
FEB 2026 GROND TOT MOND 77