Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 76

PEKANNEUTE

Pekanneute is toe stelselmatig op daardie oorstaanstukke grond geplant.

Hoër randwaarde, kleiner tonnemaat

Daar is gou besef dat die inkomstepotensiaal van pekans baie hoog is in vergelyking met die ander gewasse. Produsente kon 18 – 20 t / ha lusern oes, maar teen’ n lae randwaarde per ton, teenoor die opbrengs van 2 – 3 t / ha van pekans teen’ n baie hoër randwaarde. Die inkomstepotensiaal en winsgewendheid teenoor ander gewasse in die area is steeds baie hoog as dit met mekaar vergelyk word

Kultivars: van’ n mengelmoes na’ n duidelike voorkeur

“ Pekans het mettertyd in Vaalharts begin posvat omdat ander permanente en tradisionele gewasse uitgeval het. Baie produsente het pekans bevraagteken omdat dit onbekend was. Die eerste aanplanters was pioniers, en goeie grond, genoeg water en die regte klimaat het vestiging vergemaklik. Daar was min kultivarinligting beskikbaar en aanvanklik was boorde’ n mengelmoes van die kultivars wat wel beskikbaar was, insluitend Wichita, Choctaw, Western Schley, Pawnee en Ukulinga. Die voorkoms van laat

0 GROND TOT MOND FEB 2026