Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Seite 75

PEKANNEUTE

Die skudblare van’ n pekanneut is nog in een van die bome sigbaar nadat die vrugte uitgehaal is.

Pekanneute neem oor waar ander gewasse uitval

SAPPA is 35 jaar gelede begin as vrywillige organisasie en het meestal produsente in die tradisionele pekanneutverbouingsgebiede van KwaZulu-Natal en die Laeveld ingesluit. Van die oudste boorde in KZN is ouer as 95 jaar en is steeds in produksie. Pekanneutbome het’ n leeftyd van tussen 250 en 300 jaar en het raamtakke langer as 15 m, terwyl die bome tot 30 m hoog kan word.

Die Vaalharts-omgewing was al die jare die tuiste van verskillende permanente gewasse, danksy die beskikbaarheid van water uit die skema. Hier was groot sitrusboorde, winger-de, sagte- en steenvrugte,’ n wynkelder en selfs’ n perske-inmaakfabriek.

Eienaars van die stukkies grond wat deur die skema van water voorsien is, het spilpunte vir besproeiing begin gebruik, maar omdat die gronde in langwerpige eenhede opgesny is, kon die besproeiingstoerusting nie elke deel van die grond bereik nie – die hoekies is uitgesluit.

FEB 2026 GROND TOT MOND 75