Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Página 74

PEKANNEUTE

Vaalhartsskema: Die basis vir Hartswater

Synde die grootste besproeiingskema in die suidelike halfrond, is die Vaalharts-skema die hartklop van die bedryf en is dit al sedert 1934’ n lewensaar vir menige gewasprodusente. Die breinkind van Cecil John Rhodes en aanvanklik deel van sy Kaap tot Kaïro-droom, is die skema gebou in’ n vallei gevorm tussen die Vaal- en Hartsrivier, sowat 80 km noord van Kimberley. Dit het onder meer tot die stigting van die dorpie Hartswater gelei.

Na’ n lang aanloop en vele ondersoeke is die kanaalstelsel gebou met 100 km van die hoofkanaal, 180 km sekondêre kanale, verskaffingskanale van 540 km, KBkanaal van 320 km en stormwater- / dreineringskanale van 300 km, alles van sementbeton. Die Vaalharts-besproeiingskema se hoofkanaal is’ n enkele, deurlopende kanaal met konstante afwaartse vloei, alles op gravitasie en gemiddeld 6 m tot 8 m wyd.

Wye rye word tussen die pekanneutbome gehou sodat die swaar toerusting daardeur kan beweeg.

74 GROND TOT MOND FEB 2026