’ n Doelbewuste genetiese resep
BEESRASFOKUS | BOVELDER
Die Bovelder is’ n Taurus Indicus komposiet met’ n tipiese genetiese balans van 60 tot 70 % Bos taurus en 30 tot 40 % Bos indicus. Die doel van hierdie kombinasie is om produksie eienskappe met gehardheid en aanpasbaarheid te verenig. Die stigterasse sluit in Bonsmara, Afrikaner, Simmentaler en Sussex. Hierdie genetiese samestelling lewer’ n mediumraam dier met goeie pigmentasie,’ n kalm temperament, en die vermoë om onder strawwe toestande te funksioneer. Anders as rasse wat hoofsaaklik op voorkoms beoordeel word, is die Bovelder van meet af aan op pre-stasie en ekonomiese doeltreffendheid gerig.
Ontstaan in die Oos Vrystaat
Die ras het in 1978 ontstaan toe 11 kommersiële beesboere in die Vrede, Memel en Warden distrik van die Vrystaat besluit het om’ n bees te ontwikkel wat werklik by hul omgewing pas. Die naam Bo Velder verwys na die Hoëveld, Bo Veld, en ook na die dierkundige kundiges wat gehelp het om die aanvanklike seleksiekriteria vas te stel.
In 1986 is die Bovelder Bees Studiegroep formeel gestig.
In 1986 is die Bovelder Bees Studiegroep formeel gestig. Hierdie studiegroep model onderskei die ras van baie tradisionele stoetverenigings, standaardisering geskied deur streng prestasietoetsing en objektiewe maat-stawwe, eerder as deur estetiese rasstandaarde alleen. Teen 2025 bestaan die studiegroep uit sowat 70 aktiewe lede wat saam’ n genetiese poel van ongeveer 70 000
FEB 2026 GROND TOT MOND 63