Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 62

BEESRASFOKUS | BOVELDER

Die Bovelder, ook bekend as Bo Velder, is’ n Suid Afrikaanse saamgestelde beesras wat spesiaal ontwikkel is vir die koue, hoëliggende suurveld van die Hoëveld. Dis nie’ n toevallige kruising nie, die ras word sedert 1978 doelbewus gebou en verfyn om in taai toestande winsgewend te kan boer.

Die fokus op praktiese, meetbare prestasie is onlangs weer bevestig toe Paul van Niekerk van Anhali Boerdery, Boshoek Bovelders, as Voermol se Nasionale Beesboer van die Jaar 2025 aangewys is. Sy styl pas mooi by die Bovelder se manier van boer, streng seleksie en beplanning. Soos hy sê,“ Ons is baie streng op ons teelseisoene, en gebruik DNS, alles word beplan.” Dis presies waaroor die Bovelder gaan, dissipline, data en doelgerigte bestuur.

62 GROND TOT MOND FEB 2026