DRUKBEWEIDING | WILLIAM HARVEY
“ Verlede jaar is die Molopo Bovelder-boeredag in Maart hier by ons gehou. Ons het bees gepraat en ek het’ n groot gedeelte van die dag aan weiding spandeer, dis ons spesialisveld. Op pad terug van’ n besoek aan die weidings ry ons by’ n strook van so 10 ha aangeplante weiding verby waarop’ n trop van 150 beeste vir sewe dae die week vantevore gewei het. Ek het vooraf uitgewerk dat hulle omtrent 9 t mis daar moes gelos het en het’ n uitdaging aan die besoekers gerig dat die een wat vir my’ n miskoek uit daardie strook kon bring,’ n pak steaks sou wen. Na 40 minute kon niemand iets wys nie. Die miskruiers op die plaas, waarvan daar’ n paar spesies is, het die 9 t mis alles weggewerk. Dit is’ n verdere bewys van die natuurlikheid waarmee ons hier boer,” sê William. Alhoewel die Bovelder-handelsnaam dalk nog nie so wyd bekend is nie, vaar die ras goed op veilings en is die vetpersentasie in Bovelder-vleis baie goed. Die slagmark is egter baie kompeterend, maar onder die wakende oog van produsente soos die verskillende Bovelderstudiegroepe, William Harvey en Harvey Cattle Ranches, kan dit net iets goeds vir die toekoms voorspel.