WILLIAM HARVEY | DRUKBEWEIDING
daar met hierdie beweidingstelsel kompetisie tussen die beeste is om genoeg te vreet, bly hulle fiks en begin die swakkes gou uitval. Terselfdertyd, as’ n koei nie’ n kalf gee nie, word sy onmiddellik uitgeskot en word die seleksieproses op’ n verdere natuurlike wyse voltooi. Aangesien ons meer druk en kompetisie het, wys dit gou watter diere maak dit en watter nie. Almal wat nie aanpas nie, word uitgehaal en geslag vir geld in die bank,” sê William.
“ Van die konserwatiewe ouens in die studiegroep het al 90 % dragtigheid gehaal.”
Sy verse kry bul op 14 maande en kalf op twee jaar vir die eerste keer. Min boere doen dit omdat dit baie vroeg is. Dis’ n seleksiemetode om vrugbaarheid en vroegrypheid op’ n natuurlike manier toe te pas en te kan identifiseer watter verse nie gevat het nie. Hulle word op 16 maande weer getoets en dié wat nie gevat het nie, kry weer bul. As die kalf dit nie regkry nie, is dit onregverdig om teen die kalf te diskrimineer, weer terug by die natuurlike seleksie.
NOORDWES SE JONGBOER VAN DIE JAAR
Gepols oor sy aanwysing as Noordwes se Jongboer van die Jaar en wat hom anders maak as die ander Bovelderprodusente, sê William:“ Ek glo dis die feit dat ons so na as moontlik aan die natuur boer. Alles wat ons doen gaan om die natuur sterker te maak. Sodra jy die natuur sterker maak, maak jy die boerdery sterker, en sodra jy die boerdery sterker maak, kan jy minder spandeer, want die natuur is gesond. Dis groot in hoëdrukbeweiding, alles werk om die natuur sterk te maak.”
60 GROND TOT MOND FEB 2026