Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 59

DRUKBEWEIDING | WILLIAM HARVEY

Sy boskampe is 10 ha groot en aangeplante weiding 5 ha, met groot troppe wat dit op’ n slag bewei. In die somer is troppe kleiner en wil hy die beeste meer bevoordeel en hulle in goeie kondisie kry om bul te kan vat en kalwers te kan speen. Sodra hy gespeen het en die kalwers is weg, begin hy bietjie swaarder aan die veld werk en wei langer. Alles hang af van hoe hulle die gras wil stimuleer, die beeste die beste kan laat groei en in goeie kondisie kan hou.

William vertel hul besettingspersentasie was aanvanklik laag, so tussen 60 % en 65 %, en met die hoëdrukbeweiding kan mens verwag dat dit nie baie groot gaan wees nie. Dit is ook hier waar sy benadering tot natuurlike praktyke werklikheid word.

“ Die kompetisie om te vreet is egter groot onder die troppe en ons is nou op na’ n besettingskoers van 85 % met hoëdrukbeweiding. Van die konserwatiewe ouens in die studiegroep het al 90 % dragtigheid gehaal. Omdat

William boer op die mees natuurlike manier en talle miskruierspesies op sy plaas help om die beesmis weg te werk en so grondgesondheid aan te help.

FEB 2026 GROND TOT MOND 59