Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 58

WILLIAM HARVEY | DRUKBEWEIDING

Die veld is in kampe opgedeel wat soos’ n koekskyf vanaf die waterpunte uitsprei. grondgesondheid aan te help.

streek het goeie grasweiding vir beeste en William benut dit op’ n volhoubare en natuurlike manier. Die weiding word deurgaans beskerm deur wisselende beweiding en hy het al bewys dat hierdie drukbeweiding die gras goed doen en natuurlik laat herstel. Daar is ook strookbeweidingskampe wat soortgelyk bestuur word.“ Om drukbeweiding deeglik toe te pas, is my troppe groot, tussen 100 en 300 beeste per trop, maar met die stelsel van afwisseling kry die kampe genoeg tyd om te herstel en nuwe gras te laat groei voordat die volgende beweidingsiklus begin. Die beeste loop ook alternatiewelik op natuurlike en regenererende, aangeplante weiding wat voordelig is vir hul ontwikkeling en wat omtrent 50 / 50 deel van die grasaanbod uitmaak. Dit lei tot wedersydse voordele vir die gras en beeste en versterk die vol-houbaarheid van my produksieprosesse,” vertel William.

58 GROND TOT MOND FEB 2026