Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 57

DRUKBEWEIDING | WILLIAM HARVEY

mense bewus daarvan te maak. Dan wys ons elke keer iets anders van die Bovelders of die sisteme wat ons gebruik,” verduidelik William.

William vertel dat hy’ n ander benadering tot sy Bovelders volg en sy produksieprosesse so natuurlik moontlik bestuur, iets wat hom van ander telers onderskei.

DRUKBEWEIDING AS DIE GRONDSLAG VAN’ N NATUURLIKE STELSEL

“ Vir my gaan dit oor beweiding. Dit vorm die grondslag van my boerdery. My plaas is in talle kampe verdeel, 15 bymekaar wat soos’ n wawiel gerangskik is met’ n waterpunt en kraal in die middel. Vandaar loop die koekskywe radiaal uit en word om die beurt deur taamlik groot troppe bewei. Elke skyf is genommer, van 1 tot 3, en een deel kry altyd kans om te herstel. Die Tlakgameng-

Die Noordwes-veld op Uitzoek – waar drukbeweiding en natuurlike herstel hand aan hand loop.

FEB 2026 GROND TOT MOND 57