WILLIAM HARVEY | DRUKBEWEIDING
Ná baie reën in die voorsomer is die veld in die streek in’ n baie gesonde toestand met baie kos vir die beeste.
Rasbemarkers kom jaarliks kyk na wat hulle doen en alle data word by een versamelpunt gehou. Alle Bovelderprodusente hou ook hul eie en gesamentlike veilings, terwyl data gedeel kan word.
“ Ons klem met hierdie ras val op hul doeltreffendheid en vrugbaarheid en dit is waarna ons streef. Kalwers moet maklik speen en grootgemaak word, konsepsies moet maklik wees, en nie te veel tyd moet aan die koeie spandeer word nie. Sy moet haar ding sonder te veel inmenging kan doen.”
William, Leo Roets en Joubert Swanepoel het hul eie studiegroep, die Molopo Bovelderstudiegroep, begin en hou elke jaar’ n boeredag op’ n ander plaas.“ Ons drie span saam, kuier op plase, lewer insae in mekaar se boerdery en lewens en help met alles. Die boeredae hou ons omdat die ras nog bietjie onbekend is en om
56 GROND TOT MOND FEB 2026