DRUKBEWEIDING | WILLIAM HARVEY
nie, maar ek kan wel die gevoel onthou wat ek gekry het as ons beeste in die ring instap en die pryse val sommer dadelik. Dit was nie’ n lekker gevoel nie en ek wil dit nooit weer kry nie,” vertel William.
ROOI BEESTE, ROOI MARKTE EN’ N NUWE RIGTING
William vertel verder hoe hulle op die Bovelders afgekom het.“ Ons het besluit om te verander en rooi te gaan, dis wat die Suid-Afrikaanse markte soek. Ons het geweet van Beefmaster en Droughtmaster en dit vir’ n rukkie ondersoek. Daar was ook baie Bonsmara in die omgewing, so ons het geweet van hulle. Die Here het ons gelei en toe kom die Bovelder op ons pad via’ n vriend, Leo Roets, wat’ n paar jaar vroeër reeds met die Bovelders begin werk het. Ons het anderkant Piet Plessis na hierdie beeste gaan kyk. Leo het aangebied om van ons beeste te voer en toe ons die dag daar aankom, staan 90 van sy ossies in die kraal, nuut gespeen, blinkvet, rooi en mooi. Ek en my pa was tevrede met wat ons gesien het. Dit was ons visie van watter beeste ons mee wil werk.”
“ Om drukbeweiding deeglik toe te pas, is my troppe groot, tussen 100 en 300 beeste per trop.”
Hy vertel dat hulle’ n maand later, op uitnodiging van Leo, na’ n Bovelder-byeenkoms in die Vrystaat is, waar hulle aangenaam verras was met wat hulle gesien en gehoor het. Die Bovelder is nie geregistreer by Stamboek nie, maar’ n studiegroep wat in 1978 deur elf families in die Warden Memel-omgewing begin is, het van krag tot krag gegroei en het vandag ongeveer 60 lede en duisende beeste wat deel is daarvan. In 2015 het hulle hul eerste bulle ingekoop en begin om daarmee te teel, en die Bovelder-reis het daar begin.
FEB 2026 GROND TOT MOND 55