BEESRASFOKUS | BOVELDER
teelkoeie bestuur. Hierdie gesamentlike benadering versterk genetiese vooruitgang en konsekwentheid oor kuddes heen.
Vrugbaarheid as kernmaatstaf
Die Bovelder is veral bekend vir sy vrugbaarheid. Die mikpunt is’ n dragtigheidsyfer van meer as 90 % binne’ n gekonsentreerde 60 dae kalfseisoen. Hierdie benadering verseker’ n kompakte kalftyd, meer eenvormige speenkalwers, en beter bestuursbeheer.
“ Die Bovelder is veral bekend vir sy vrugbaarheid”
Seleksie is streng. Enige dier wat’ n teelseisoen mis, word uit die kudde verwyder. Die fokus bly op jaarlikse kalwing, funksionele en onderhoudsdoeltreffende koeie, en hoë speenpersentasies. Hierdie praktyk ondersteun die ras se kernidee, winsgewendheid word in die eerste plek deur reproduksie bepaal.
Gebou vir suurveld
Die Bovelder is spesifiek ontwikkel vir die uiterste koue en selfs sneeu van die Oos Vrystaat se berge. Suurveld toestande stel hoë eise aan diere se aanpasbaarheid, voedingbenutting en gehardheid.
Hoewel die ras in uitgebreide veldstelsels uitblink, presteer dit ook goed in intensiewe voerkrale.
Hoewel die ras in uitgebreide veldstelsels uitblink, presteer dit ook goed in intensiewe voerkrale. Hierdie veel-
64 GROND TOT MOND FEB 2026