WILLIAM HARVEY | DRUKBEWEIDING
William se kampe is in die vorm van’ n wawiel( soos koekskywe) verdeel en word deur drukbeweiding bestuur.
William vertel dat hier aanvanklik groot met grondboontjies geboer is, maar toe die ekonomie van skaal begin skeeftrek, en met die verval van die beheer en bemarkingsrade in 1991, het hulle voluit met beeste begin boer.
Pa Keith het vriende gemaak met Johan Zietsman,’ n bekende beesteler van Zimbabwe wat met’ n Veldmasterras wou boer. Daarvoor moes hy Ngunis, Borane en Tulis inkoop om met’ n mengsel van 50 % Afrika en 50 % Europese rasse’ n sterk kruising te maak.
Zietsman was die grootste Beefmasterboer in Zimbabwe totdat die politiek ook sy landbouaktiwiteite in die land tot’ n einde gebring het en hy na Suid-Afrika uitgewyk het.
52 GROND TOT MOND FEB 2026