Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 42

NUUS | BROKKIES

Gedeeltelike verligting op voedselprodukte

Die VSA het ook sekere voedselprodukte van wederkerige tariewe vrygestel om handelsspanning te verlig. Vir Suid-Afrika beteken dit dat onder meer lemoene, makadamianeute en vrugtesappe tans voordeel trek uit vrystellings. Die res van Suid-Afrika se landbouprodukte staar egter steeds’ n 30 %-invoertarief in die VSA in die gesig.

Wat nou?

Die verlenging van AGOA tot einde 2026 bied stabiliteit, maar dit is nie’ n permanente oplossing nie. Volgens Sihlobo behoort Suid-Afrika se fokus nou te skuif na die onderhandeling van’ n volwaardige handelsooreenkoms met die VSA, aangesien die huidige tariefstruktuur ons steeds benadeel teenoor mededingers in dié mark.

Vir produsente wat afhanklik is van uitvoermarkte, bly beleidssekerheid en handelsbetroubaarheid kritiese faktore. Die AGOA-verlenging is dus nie net’ n tegniese beleidsaanpassing nie, dit is’ n strategiese hefboom wat direk impak het op plaasvlak, pakhuise en uitvoerlogistiek.

0 GROND TOT MOND FEB 2026