BROKKIES | NUUS
Navorsing waarsku oor groter hitte-risiko vir koring
Kort, intense hittegolwe en droogte presies tydens die blomstadium kan in die komende dekades’ n toenemende bedreiging vir koringopbrengste word. Dit is volgens’ n nuwe studie deur N. Senapati en kollegas wat in die vaktydskrif Climatic Change gepubliseer is.
Die navorsers het gevorderde klimaatprojeksies uit die CMIP6 modelensemble gekombineer met die Sirius koringmodel om te skat hoe kort, ekstreme weerstoestande tydens blom wêreldwyd opbrengste kan beïnvloed. Blom is die fase waarin die plant korrels vaslê en dus uiteindelik die opbrengspotensiaal bepaal. Selfs’ n paar dae van baie hoë temperature of ernstige waterstremming in hierdie stadium kan die aantal korrels per aar verminder en die finale oes merkbaar sny.
Vir koringprodusente plaas dit die kollig op bestuur rondom die kritieke blomfase. Kultivarkeuse sal toenemend moet fokus op verdraagsaamheid teen kort, intense hoë temperature en nie net op droogteweerstand nie. Waar dit agronomies sin maak, kan plantdatums en bestuur ook aangepas word om te keer dat blom saamval met die warmste tyd van die seisoen. Dit beklemtoon ook die waarde van weerdata en seisoenale vooruitsigte wanneer besluite oor kultivars, bemesting en besproeiing geneem word.
Vir telers wys die studie watter eienskappe nou prioriteit moet kry sodat nuwe kultivars meer veerkragtig is onder uiterste toestande. Met klimaatsverandering wat uiterstes
FEB 2026 GROND TOT MOND 43