BROKKIES | NUUS
Volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, is die verlenging’ n“ welkome ontwikkeling” vir Suid-Afrika se uitvoersektor.
Hoewel die sogenaamde“ Liberation Day”-tariewe van 30 % die voordele van AGOA gedeeltelik verwater het, bly die program volgens Sihlobo van kardinale belang.
4 %
Die persentasie van Suid-Afrika se totale landbouuitvoere wat in 2024 na die VSA gegaan het. Dit lyk dalk na’ n klein aandeel op papier, maar dit raak spesifieke uitvoerbedrywe direk, veral sitrus, tafeldruiwe, neute, wyn en vrugtesappe.
Sonder AGOA sou sommige Suid-Afrikaanse produkte waarskynlik tariewe van sowat 33 % in die VSA-mark in die gesig gestaar het-’ n kombinasie van Most Favoured Nation( MFN)-tariewe en addisionele heffings.
Die VSA bly’ n belangrike mark
Die VSA het in 2024 ongeveer 4 % van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere verteenwoordig. In geldwaarde was Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere sowat US $ 13,7 miljard werd.
Hoewel 4 % op papier dalk gering klink, wys Sihlobo daarop dat spesifieke bedrywe grootliks afhanklik is van dié mark. Dit sluit sitrus, tafeldruiwe, rosyne, neute, wyn, vrugtesappe en volstruisprodukte in.
Interessant genoeg het uitvoere na die VSA in die tweede kwartaal van 2025 met 26 % toegeneem tot US $ 161 miljoen, nadat uitvoerders die 90-dae pouse op hoër tariewe benut het. Teen die derde kwartaal het uitvoere egter met 11 % gedaal tot US $ 144 miljoen, wat’ n mate van afkoeling in die mark weerspieël.
FEB 2026 GROND TOT MOND 41