BROKKIES | NUUS
ontwikkelings-inisiatiewe en leierskapstrukture wat fokus op vaardighede, groei en die volgende generasie. In 2022 het hy die Golden Vines ® Wine Scholar Guild-beurs ontvang as die eerste persoon uit Afrika, en toe hy dit later onselfsugtig prysgegee het vir iemand anders in nood, het dit net weer beklemtoon watter tipe leier hy is: iemand wat terugploeg, nie net vorentoe druk nie.
WYNBEVORDERING: PIETER FERREIRA( CAP CLASSIQUE)
Pieter Ferreira is vereer vir sy volgehoue passie vir bottel-gefermenteerde vonkelwyn en vir die rol wat hy gespeel het om Cap Classique as kategorie tot wêreldklasstatus te help lig. Hy sluit in 1990 by Graham Beck aan en word’ n kernfiguur in die uitbouing van die produsent se aansien, plaaslik én internasionaal.
Sy invloed strek egter verder as een kelder. Ferreira het oor jare gehelp om deure vir Cap Classique in internasionale markte oop te maak en plaaslik’ n kultuur van kwaliteitverbetering te versterk. Wat hom besonders maak, is dat hy sy kennis maklik deel en ander produsente aktief ondersteun om die kategorie as geheel te laat groei deur tegniese platforms, bedryfsinisiatiewe en gesprekke waar kwaliteit eerste staan.
WINGERD- EN WYNBOU: CHARL THERON
Charl Theron is vereer vir’ n leeftyd se bydrae waar akademie, praktyk en mentorskap by mekaar uitkom. Met meer as 50 jaar se ervaring in wynproduksie,-opleiding en konsultasie het hy’ n diep voetspoor in die bedryf. Hy het’ n MSc in wynkunde verwerf, was lektor en later voorsitter van die Departement van Wingerd- en Wynbou aan die Universiteit van Stellenbosch, en was ook betrokke by advies-strukture in wynopleiding.
FEB 2026 GROND TOT MOND 37