NUUS | BROKKIES
In die bedryf het hy oor’ n lang tydperk verskeie rolle by KWV vervul, en later ook betrokke geraak by wynboukundige advieswerk en klassifikasie-inisiatiewe. Wat veral waardevol is, is sy fokus op kennis-oordrag: hy het nie net wynmakers en studente beïnvloed nie, maar ook moeite gedoen om opleidingsgeleenthede en studiegroepe vir kelderwerkers in wyndistrikte te help vestig, sodat vaardighede werklik op grondvlak groei.
WYN-AGRI-WERKER: WILFRED FORTUIN
Wilfred Fortuin is as die 2026 Wyn-agri-werker aangewys deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Hierdie kategorie bring’ n mens altyd weer terug na die hart van die bedryf: die mense wat elke dag in die wingerde en kelders die werk doen wat wyn moontlik maak. Fortuin se storie is een van ywer en selfontwikkeling. Hy het by Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut ingeskryf en die Senior Kelderassis-tentontwikkelingsprogram van Vlak 1 tot 4 voltooi om sy kennis en vaardighede op te bou.
Ferreira het oor jare gehelp om deure vir Cap Classique in internasionale markte oop te maak en plaaslik’ n kultuur van kwaliteitverbetering te versterk
Sy toewyding het vir hom ook’ n plek besorg op die 2025 kelderwerkersuitruilprogram in Boergondië, Frankryk, waar hy as ambas-sadeur vir Suid-Afrika uitgeblink het. Op 31 wys hy dat’ n loopbaan in landbou en kelderwerk nie net’ n“ job” is nie, maar iets waarin’ n mens kan groei, uitblink en vir ander’ n pad kan wys.
38 GROND TOT MOND FEB 2026