Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 35

BROKKIES | NUUS

Vanjaar se vereerdes is vyf fakkeldraers, elk op’ n ander front: visioenêre leierskap, inklusiwiteit, wynbevordering, wingerd- en wynbou, en die onmisbare werk op gronden keldervlak.

1659-TOEKENNING VIR VISIOENÊRE LEIERSKAP: DIE RETIEF-FAMILIE VAN VAN LOVEREN

Van Loveren se storie gaan nie net oor groei nie, maar oor slim, volhoubare groei wat oor jare gebou is. Die Retief-familie het wyntoerisme tot’ n kern deel van hul verhaal gemaak, met verskeie proelokale onder verskillende handelsmerke wat die publiek op meer as een manier innooi om deel te word van die ervaring. Hulle groei deur verkrygings en vennootskappe is ewe doelgerig, met die fokus op die bewaring van gevestigde wyntradisies én die behoud van’ n trots Suid-Afrikaanse karakter.

Transformasie is vir hulle nie bloot’ n boksie om af te merk nie.

Transformasie is vir hulle nie bloot’ n boksie om af te merk nie. Dit word gedra deur werknemeraandeelskemas en die praktiese opbou van mense en vaardighede binne die onderneming. Innovasie en volhoubaarheid loop soos’ n goue draad deur hul benadering, met jarelange beleggings in hernubare energie en energiedoeltreffendheid wat erkenning gekry het toe die wynmakery as Evolve-BGS en WineMag se 2025 Energie-assesseringskampioen aangewys is. Wat ook uitstaan, is hoe hulle strategies diversifiseer na gewasse soos amandels, kersies, sitrus en avokado’ s, wat Van Loveren in’ n sterker posisie plaas om oor die langer termyn te groei en risiko te versprei. Alles saam maak dat die Retief-familie met rede as visioenêre leiers in die bedryf vereer word.

FEB 2026 GROND TOT MOND 35