Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 34
NUUS | BROKKIES
Wynbedryf vier 367 jaar – en sy mense wat die verskil maak
Phillip Retief van Van Loveren, ontvanger van die 1659 toekenning vir visioenêre leierskap, lei met’ n langtermyn visie wat innovasie, volhoubaarheid en groei in die Suid Afrikaanse wynbedryf saambring.
Vroeg in Februarie 2026 het die jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid op Groot Constantia weer die kollig laat val op mense wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf vorentoe neem. Dit is ook die geleentheid waar die nuwe oes geseën word en die geboorte van ons wynbedryf herdenk word met die ikoniese dagboekinskrywing van 2 Februarie 1659:“ Vandag, eer aan God, is wyn vir die eerste keer uit Kaapse druiwe gemaak.”