Grond tot Mond Febraurie 2026 - Uitgawe 32 | Page 31

ADVERTENSIE-ARTIKEL

storie in Suid-Afrika ook vir dekades diep gewortel in die plaaslike landbousektor.

“ Die Pioneer-viering gaan nie bloot oor terugkyk nie; dit gaan oor die viering van miljoene suksesverhale saam met kliënte,” sê Snyman.“ Die kern van hierdie verbintenis is ons‘ Farmer First’-filosofie. Dit beteken dat die boer die middelpunt van ons besigheid is, en dat elke daaglikse besluit in die boer se beste belang geneem word.”

Daneel Fourie, Agri-besigheidsbestuurder van Pioneer Saad Suid-Afrika, voeg by dat om die boer voorop te stel, Pioneer se eerste prioriteit is:“ Hetsy dit in-die-veld ondersteuning is of die produkte wat ons vir sy spesifieke behoeftes ontwikkel, sal ons altyd poog om hom in staat te stel om so winsgewend en volhoubaar as moontlik te kan boer.”

Voorbeelde van hierdie vooruitgang sluit in droogtebestande kultivars, sowel as insek- en onkruidbestande kultivars wat Corteva se PowerCore™-tegnologie bevat. Hulle bied ook digitale oplossings wat boere in staat stel om met presisie te boer, soos die Pioneer Farmer App en gLink-tegnologie wat help met die akkurate voorspelling van onder andere kuilvoer-snytyd.“ Pioneer Suid-Afrika benut hul toegang tot globale hulpbronne en wêreldklastegnologie, wat verfyn word met behulp van plaaslike kennis om perfek by Suid-Afrikaanseboere se praktyke te pas,” sê Emile van den Berg, Nasionale Agronomiebestuurder van Pioneer Saad Suid-Afrika.

Wat Pioneer van hul mededingers onderskei, is deurlopende agronomiese ondersteuning. Die maatskappy verskaf nie net saad nie, maar ondersteun dit met data en oplossings vir presisieboerdery, met die doel om beter opbrengste te bewerkstellig.

Van den Berg stel dit só:“ Ons veldagronome is die sleutel tussen wetenskap en praktyk; hulle is die

FEB 2026 GROND TOT MOND 31